Vintage
In gesprek met Louis en Heinz
Kom ontmoet
twee vriende

wat aktuele en ongewone kwessies bespreek oor ’n glas wyn - Louis is ’n kliniese sielkundige, skrywer, asook ’n gereelde en bekende stem op radio . Heinz is ’n mediese spesialis, skrywer van boeke en rubrieke, asook 'n kunstenaar.

Slide
Louis Awerbuck

Louis Awerbuck is sedert 1995 ‘n kliniese sielkundige in privaat praktyk. Sy nagraadse navorsing het onder andere die profilering van reeks-moordenaars en verkragters, asook forensiese sielkunde, ingesluit.

Louis is die mede-skrywer van Wie is ek? (Naledi), Ek & Jy – Verhoudings wat werk (NB Publishers) en saam met Hanlie Retief was hy ook die mede-skrywer van Anderkant uit – stories oor trauma & hoop (Tafelberg). Hy is ‘n gereelde medewerker van Vrye Weekblad, waarin hy maandeliks skryf oor temas verwant aan geestesgesondheid. Louis was mede-aanbieder van “Wie is ek? – met Louis en Lise” op Radio Sonder Grense (RSG) vir etlike jare, en is steeds ‘n gereelde stem op nasionale radio, as gasspreker op “Wie is ek”, Vrydae oggende op RSG.

Hy tree gereeld in die hof op as spesialis-getuie op in strafregtelike sake, en het al vir die appèlhof getuienis gelewer. 

In die veld van sportsielkunde was Louis was betrokke by rugbyspanne op ‘n provinsiale en nasionale vlak. Hy het ook met verskeie individuele atlete op ‘n provinsiale, nasionale, en Olimpiese vlak gewerk met die oog op die verbetering van prestasie.

By geleentheid tree Louis as konsultant op vir korporatiewe maatskappye. In sy vrye tyd hou hy graag sy lyf musikant, en het al verskeie bekende kunstenaars met die harmonica ondersteun. Hy het ‘n voorliefde vir sport, veral gevegskuns, asook die beeldende kunste en motorfietse.

Slide
Heinz Mödler

Heinz Mödler is ‘n mediese spesialis en werk huidiglik as hartnarkotiseer in Kaapstad. Sy pasiënte ondergaan onder andere hartomleidings, klepvervangings en hartoorplantings.

Buiten vir sy besige skedule in die hospitaal is hy ook ‘n ywerige skrywer. Heinz is bekend vir Sexy Medisyne (Lapa), wat ook voorheen in rubriek formaat verskyn het. Sy volgende publikasie was James Bond Ontbloot (Naledi) en Essays in Time (White Lotus)....en daar was Dagga, ‘n Biografie (Naledi), sowel as Stetoskoop (Naledi) het meer onlangs verskyn.

Stetoskoop is ‘n bundel van sy gereelde rubrieke, onder dieselfde naam, wat elke tweede Woensdag nasionaal in Media24 verskyn.

Sondae kan jy sy stem oor die radio hoor, waar hy een van die gassprekers van Hoe verklaar jy dit? op Radio sonder Grense (RSG) is.

Buiten vir sy liefde vir skryf het Heinz ook talle ander belangstellings. Hy is ‘n kranige leser, kunstenaar en het ‘n spesiale belangstelling in farmakologie, toksikologie en wiskunde.

Hy gebruik sy oorblywende beskikbare tyd om in sy fotografiese donkerkamer rond te speel en werke te maak vir kunsgalerye en kunsuitstallings.

WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg

Met erkenning aan Willem Mulder

WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
WhatsAppImage2023-02-12at101111.jpeg
Cookie policy

We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.