Vintage
In gesprek met Louis en Heinz
Lys van Potgooie

Kuier saam met twee vriende wat aktuele en ongewone kwessies bespreek oor ’n glas wyn - Louis is ’n kliniese sielkundige, skrywer, asook ’n gereelde en bekende stem op radio . Heinz is ’n mediese spesialis, skrywer van boeke en rubrieke, asook 'n kunstenaar.

Beskrywing: Is depressie meestal ‘n “chemiese wanbalans in die brein?” Hoekom werk medikasie oënskynlik vir sekere mense en vir sekere mense nie, of werk dit engsins? Louis en Heinz wonder saam of daar antwoorde vir die verstaan en behandeling van die swart hond is, en indien wel, wat hierdie antwoorde kan behels.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: Louis en Heinz gesels oor wat mense op mekaar laat verlief raak, en watter faktore ‘n rol daarin speel. Maar is hierdie faktore dieselfde faktore wat mense verlief hou, of wat verhoudings op ‘n langtermyn laat uitwerk? Wat sien die 35-jarige model in die bles ou man van 74? Die twee bespiegel ook oor hoeveel vrye wil mens eintlik het as dit kom by aantrekkingskrag.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: Louis en Heinz betreur die toestand van leierskap regoor die wêreld, en veral in Suid-Afrika. Waarom volg mense leiers na wat hulle net benadeel? Hoe verwant is leierskap aan boelie, en het mense enigsins leiers nodig? Die twee bespreek groepdinamika en wonder oor wat moontlik oplossings kan wees vir die negatiewe gevolge van swak leierskap.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: In hierdie episode praat Louis en Heinz oor een van die grootste bedregings van gesondheid en geluk: Angs (Stres). Wat is die organiese en sielkundige oorsake van hierdie groeiende wêreldwye epidemie? Daar word bespreek hoe angstigheid op verskillende maniere die lewe sleg maak, asook oor wat die verreikende implikasies vir ons almal is.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: Hoe toepaslik is dit om iemand as Oom of Tannie aan te spreek? Hoe is aanspreekvorme verwant aan respek, en hoe verskil dit onder sub-kulture in Suid-Afrika? Louis en Heinz vra of respek nie iets is wat verdien moet word nie, en praat oor die platinum-reël van respek teenoor andere. Hulle gesels ook oor hoe hierdie onderwerp verwys na selfrespek.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: Louis en Heinz bespreek die fenomeen van buitengewone en unieke mense, en gesels oor Uri Geller en die wêreldwye aanhang wat Geller nog steeds geniet. Heinz deel besonderhede van sy besoek aan Uri Geller in Tel Aviv, asook details oor die rare en besondere artifakte in Geller se museum.

Luister en gesels saam (0 )

Beskrywing: Louis en Heinz besoek die Breytenbach Sentrum in Wellington, waar Breyten se teenwoordigheid en invloed heers. Hulle bespreek emigrasie en ontwortelings as 'n tema, en praat oor die impak daarvan om jou geografiese wortels te verloor.

Luister en gesels saam (0 )
Cookie policy

We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.